No products in the cart.

Top
d
Latest News

Alicia Buckle

As klein dogtertjie was dit altyd my grootste droom om vrouens mooi te maak. Na die werwing van my skoonheids diploma in Somatologie het daar vir my die mooiste wêreld oopgegaan. Ek het werklik begin verstaan hoe die vel, sy tekstuur en gelaat saamwerk. Ek het al my kennis begin toespits om vrouens te help om mooi na hulself te kyk. Ek was bevoorreg om vir ’n tydperk die vel lektriese by Isa Carstens Academy (in Stellenbosch) te wees, waarna ek my eie Makeup Skool in 2010 oopgemaak het. Dit was my doel om almal rondom my te leer hoe om mense ook mooi te maak, waarna hulle uitgestuur kan word regoor Suid Afrika om ’n verskil te gaan maak in die Makeup industrie. My Makeup Skool bevat ’n internasionale akkreditasie en vandag het ek meer as 600 meisies en vrouens opgelei.

So ongeveer 5 jaar gelede het ek begin werk aan ‘n nuwe droom, en dit was om my eie Makeup reeks uit te bring! Dit is iets wat my lewe elke dag vul en ek verstaan dat slegs die heel beste gehalte bestanddele daarin moet wees.

Ek glo dat ek waarskynlik elke moontlike tipe ondertoon in vrouens se vel verstaan en daarom is ek baie vertroud daarmee om te bepaal watter kleur werk en watter kleur werk nie. Ek sê dit altyd, maar dit bly so waar! Makeup het soveel krag! Makeup gee my die geleentheid om elke vrou te laat besef hoe mooi sy is, haarself weer te herondek en wanneer sy weer vir haarsself in die spieël kyk, dit werklik raak te sien! Wanneer ’n vrou mooi voel kan sy soveel meer bemagtig, sy kyk beter na haar geliefdes en is ook sterkter. Die een enkele Makeup produk wat altyd vir my die heel meeste beteken is ‘n mooi lippie!!!!!!

Na 5 jaar met baie toetslopies het ek hande gevat met die mees ongelooflikste span mense in Italië, wat my gehelp het om my gunsteling 2 kleure lipstiffies te vervaardig. Dit is Alicia Buckle se Natural Nude en Perfect Red. Hierdie 2 kleure gaan perfek saam met ‘n warm-, neutrale of selfs koue ondertoon. Vanaf 12 Januarie 2022 sal hierdie 2 lipstiffies beskikbaar wees. Dalk is dit ’n perfekte tyd vir ‘n kersgeskenkie of om jouself te bederf.

Ek kanie wag om saam met jou te Makeup nie!!!!

Post a Comment